GKafee 2014
Ons het van 29 Maart tot 5 April ons tente by die 20ste Absa KKNK opgeslaan.
Die Gee-span het bestaan uit 'n paar Stellenbosch studente, mense vanaf George en Kaapstad en 'n groep vanuit Pretoria. Die Oudtshoorn gemeenskap was weer in volle vaart aan die gang om 'n suksesvolle fees te verseker en hulle was gereeld in die GKafee tent vir 'n koppie koffie of 'n koue glasie water. Lede van die Gee-span wat al voorheen betrokke was by GKafee sowel as die nuwe mense was gegroet en verwelkom soos ou vriende wat weer kom kuier het. Die week was vol van interessante en onverwagte uitdagings soos probleme met krag en water, sowel as meganiese probleme met 'n voertuig. Ons het onmisbare ondersteuning gekry vanaf lede van die gemeenskap, KKNK en ondernemings in die dorp. God se voorsienigheid was duidelik in die groot dinge en ook in verhoudings. Dit was net weer duidelik hoe God 'n pad stap saam elkeen van ons. |
|
Hierdie artikel is geskryf na aanleiding van GKafee 2014:
Net drie suiker
“Net drie suiker” - dit is die reël vir kinders wat koffie by GKafee kom drink. Die afwesigheid van hierdie reël sou beteken dat ons oneindige pakke suiker sou moes verskaf en verskriklike hiperaktiewe kinders sou moes besig hou. Daarom die reël - “net drie suiker.”
Ouer mense, en veral die wat nagskof werk, kan soveel suiker en koffie ingooi soos hulle nodig het om wakker te bly deur hul 19:00 tot 07:00 skof.
Dis ‘n reël waaroor die kinders die eerste paar dae baie ontsteld is want “...by die huis mag ek dan ses suiker drink tannie…”
Die uitdaging wat met die aanvang van GKafee aan lede van die Gee-span gestel word, is om onvoorwaardelik te gee. Aan die begin van so ‘n week is mens eintlik onder die indruk dat dit die koffie is wat jy onvoorwaardelik moet gee. Na ‘n ruk kom mens agter dat ‘n eenvoudige koppie koffie nooit regtig ‘n verskil kan maak in iemand se lewe nie. Mens kom ook vinnig tot die besef dat “net drie suiker” en afgewaterde melk eintlik die vlou verskoning is wat ons gebruik om onsself deel te maak van ‘n gebroke gemeenskap en om onsself onvoorwaardelik, vir een week, te probeer gee.
Dit is natuurlik ‘n vreeslike teenstelling ‘onvoorwaardelik, vir een week’ om nie eers te praat van onvoorwaardelike ‘net drie suiker’ nie. In hierdie week besef mens dat daar heelwat versteekde voorwaardes in jou menslike ‘onvoorwaardelikheid’ lê. Jou gedrag, gedagtes en emosies gee dit sommer vinnig weg. Dit is maklik om te voel dat jou tyd en moeite en opregte omgee sommer misbruik word, om nie eers te begin praat van die misbruik van gratis koffie nie.
Hierdie laat my dadelik dink aan die onvoorwaardelikheid wat ons van God ontvang o psoveel vlakke in ons lewens, en hoe ons erg ons tekort skiet in ons pogings. Al is ons koffie eskapades maar net ‘n klein en warm menslike verskoning sal ‘n kind wat op die straat bly, omdat sy ma permanent dronk is en sy pa in die tronk sit, miskien iets van Jesus se wese beleef as ek met ‘n sagte glimlag toelaat dat hy wegkom met vier suiker.