Gee is beter
  • Home
  • Meer oor Gee is Beter
  • Eksperimente
    • GKafee >
      • GKafee 2014
    • Feast of the Clowns
    • Hartklop
  • Kontak ons
  • Gee iets
  • English
Ons is 'n groep mense wat  kunstefeeste in Suid Afrika besoek  om goeie nuus vir die gemeenskap te wees. Ons het 'n tent wat 24 uur van elke dag oop is, waar ons koffie, tee, koue water, 'n veilige rusplek, en goeie geselskap vir enigiemand gee wat bereid is om dit gratis te ontvang. Die tent word deurlopend deur feesgangers, personeel, skoonmakers, sekuriteitswagte, kinders wat op die straat bly en stalletjie-eienaars besoek. 

Hierdie samekoms van mense van verskeie agtergronde veroorsaak 'n mengsel van interessante geselskap en verhoudings wat gebou word. Die span se fokus is om die liefde van God uit te dra sonder voorwaardes van traktaatjies uitdeel ens. Ons probeer nie om gesprekke uit te lok of oor dinge van die hart te praat nie, maar tog voel besoekers gereeld gemaklik genoeg om hulle stories te deel. 

Hierdie is nie 'n organisasie, 'n program of 'n sisteem van enige aard nie. Hierdie is 'n beweging. Daar is nie 'n baas of sekere uitkomstes wat bereik moet word nie.  Ons is mense wat vir Jesus volg om anders te wees as dit wat die samelewing verwag. Ons wil onvoorwaardelik kan gee en kan lief hê. Ons wil ook graag hierdie beweging met ander mense deel. 

Om deel te vorm van hierdie beweging is 'n gevaarlike ding, omdat jy moontlik nooit weer dieselfde sal wees nie. Jou perspektief oor die norme en status quo van die gemeenskap kan permanent verander word. Bo en behalwe dit, is hierdie 'n geleentheid om jou geloof in aksie te sien en te ervaar. Om sonder voorbehoud of bybedoelings te gee is 'n uitdaging waaruit jy baie kan leer.