Gereformeerde Kerk Oudtshoorn
H/V Parkweg-Suid & Oranje Straat
Oudtshoorn
H/V Parkweg-Suid & Oranje Straat
Oudtshoorn
Meer oor GKafee @ KKNK
Hier is 'n geleentheid om tasbaar en opreg, sonder enige voorwaardes, om te Gee vir mense.Ons gaan vanaf 29 Maart - 6 April die geleentheid aangryp om die liefde van ons Jesus te 'doen.' Daar is geen fondsinsameling, uitdeel van traktaatjies en uitgerekte opleiding nie. Hier gaan geGee word: liefde, iets te drinke en jouself! Die Bybel leer mos dat dit beter is om te Gee as om te kry: ons gaan kyk of dit waar is.
Wie:
Volwassenes: Wanneer: Waar: Kostes: Hoe: |
Enige iemand
Kom Gee saam of maak die Gee moontlik deur skenkings 29 Maart - 6 April St John street 152, Oudtshoorn R300 p/p* Klik op die registreer knoppie en volg die stappe. |
KKNK is bekend vir sy wonderlike bydrae tot die kunste. Hier word 'n groot massa mense saamgetrek. Uitstallings, opvoerings, lewendige vermaak, en heerlike eetgoed is van die trekpleisters.
Feesgangers uit elke staat van die lewe kom hier bymekaar, maar daar is ook mense wat deel vorm van die logistieke: sekuriteitspersoneel, koerantverkopers, skoonmakers, vragmotorbestuurders ens. Voeg daarby mense wat hulle vergryp aan die begeertes van die liggaam: drank, dwelms, seks ensovoorts, en jy het werklik 'n veelkleurige samestelling.
Ons Gee-hart is om hierdie mense op verskillende maniere te bedien met die liefde van ons Here. Ons wil graag vir 'n groep mense die geleentheid bied om te kom omGee.

Hoe kan ek deelneem of help?
Enigiemand kan inskryf om saam te kom gee. Enige persoon kan deel vorm van die logistieke span en enige persoon kan finansiële, vervoer of voorraad bydraes maak. |
Waarheen stuur ek die skenkings?
Koffie (verkieslik Ricoffy), beskuit, koekies, suiker, glasies en enige iets wat met koffie drink te doen het, kan na die Kruispadkantoor by die GKSA Adminburo in Potchefstroom of na die Gereformeerde kerk Oudtshoorn gestuur word. Merk asb. - Gkafee. |
Slaapplek?
Daar is 'n veilige perseel naby die feesterrein waar ons slaap. Daar slaan ons tente op . Jy moet jou eie beddegoed bring (matras, slaapsak, kombers, kussing en 'n tent). Ander kampgoed is maar soos gewoonlik. Die weer kan van warm en stowwerig na koud en nat verander. |
Etes?
Ons eet graankos vir ontbyt – jy moet dus jou eie eetgerei bring. Wat die res van die etes betref moet jy asb. 'n geldjie saambring. Ons werk daaraan om etes geborg te kry. |
Wat van die geldsake?
Kostes word so laag moontlik gehou. Ons vra R300 p/p en hoop om 'n T-hemp geborg te kry – anders sal dit addisioneel wees.
Die inskrywingsgeld kan in die volgende rekening inbetaal word:
Kostes word so laag moontlik gehou. Ons vra R300 p/p en hoop om 'n T-hemp geborg te kry – anders sal dit addisioneel wees.
Die inskrywingsgeld kan in die volgende rekening inbetaal word:
Naam:
Bank: Takkode: Rek. nommer: Verwysing: |
Gee is Beter
FNB 240438 62432458554 Naam en Van - GKafee |
(Stuur asb. jou bewys van betaling na gkafee@geeisbeter.co.za)
Donasies kan ook by bogenoemde rekening inbetaal word. Verwysing: Donasie GKafee.
Raak vandag nog betrokke by die beweging - kom doen iets anders, en sien hoe Gee beter is as kry. Vir enige verdere navrae, stuur 'n e-pos aan: gkafee@geeisbeter.co.za